top of page

Geroosterde piesangbrood

  • Errieda du Toit
  • May 21, 2015
  • 2 min read

Geroosterde piesangbrood.jpg

Jy benodig:

Vir die piesangbrood:

100 g sagte botter

175 g strooisuiker

2 groot eiers

2-3 ryp piesangs, fyngemaak

225 g bruismeel

5 ml bakpoeier

30 ml melk

Vir die pere in koffiesous:

1½ k (330 g) strooisuiker

100 ml sterk espresso of 60 ml kitskoffie-korrels aangemaak met 10 ml kookwater

6 ferm pere met stingels aan (nie te ryp nie)

4 kardemompeule, gekneus

6 dik snye piesangbrood, gerooster

Vir die heuning-en-koffieroomkaas:

230 g Parmalat- tradisionele roomkaas, by kamertemperatuur

heuning, na smaak

15 ml van die koffiestroop

Só maak ’n mens:

1. Begin met die piesangbrood. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n broodpannetjie, voer uit met bakpapier en spuit weer. Meet al die bestanddele in die mengbak af en klits 2 minute tot goed gemeng. Skep in die voorbereide pan, maak die bokant van die beslag gelyk en bak 1 uur tot goed uitgerys, gaar en goudbruin. Die beslag sal ’n kraak bo-op maak, wat deel van die karakter van piesangbrood is. Laat 5 minute in die pan afkoel, lig uit en plaas op ’n afkoelrak.

2. Maak nou die pere in koffiesous: Plaas die suiker, koffie, kardemom en 1 liter water in ’n kastrol en verhit oor matige hitte totdat dit net saggies begin kook. Skil die pere af en verwyder die klokhuis versigtig om die stingel steeds te behou. Sny die pere in die lengte amper tot by die bokant. Prut sowat 30 minute of tot vurksag.

3. Lig die pere versigtig uit die kookvloeistof met ’n gaatjieslepel en hou eenkant om te dreineer. Gooi die kookstroop deur ’n siffie om van enige los stukkies en die sade ontslae te raak en gooi terug in die kastrol. Laat die vloeistof 10-15 minute afkook totdat die stroop verdik.

4. Om die heuning-en-koffieroomkaas te maak, klop die heuning en koffiestroop by die roomkaas in tot goed gemeng.

5. Sit dit voor: Sny die piesangbrood in dik snye en rooster. Laat afkoel, plaas op ’n koekbordjie en smeer ’n dik laag roomkaas op. Rangskik die peer in ’n waaiervorm op die brood en giet koffiestroop oor. Sit voor met ’n koekvurkie.

Foto: Ian du Toit

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page