Goudkleurige herfs-frittata
- Aartappel SA
- May 21, 2015
- 1 min read

Jy benodig:
300 ml hoenderaftreksel
500 g aartappels, geskil en in kwarte gesny
45 ml (3 e) olyfolie
1 ui, fyngekap
3 selderystokkies, gekap
120 g spinasie, afgespoel
6 groot eiers, liggies geklits
sout en varsgemaalde swartpeper, na smaak
100 g parmesaan, gerasper
So maak ’n mens:
1. Verhit die hoenderaftreksel in ’n groot pan en kook die aartappels daarin tot die aftreksel amper heeltemal geabsorbeer en weggekook het.
2. Giet die olie by en voeg ook die uie en seldery by. Meng liggies. Sit ’n deksel op en kook tot die ui en seldery redelik sag is. Voeg die spinasie by en roer tot die blare verwelk het. Voorverhit nou die roosterelement.
3. Giet die eiers oor die bestanddele in die pan, geur met sout en peper en sprinkel die parmesaan oor. Kook totdat die eiers amper gaar is.
4. Sit onder die rooster tot die frittata opgepof en die kaas goudbruin is. Sit dadelik voor vir ’n vullende ontbyt of as ’n ligte middagete.
Kommentare