top of page

Griekse lamsboud

  • Errieda du Toit
  • May 21, 2015
  • 1 min read

Griekse lamsboud.jpg

Dié eg landelike oondgebakte lamsboud word in Griekeland op Sondae voorgesit as ’n simbool van herontmoetings. Die aartappels absorbeer die olyfolie en kruiegeure.

Maak 4 porsies.

Bestanddele:

2 heel knoffelbolle, huisies geskil

1,5 kg lams- of skaapboud

2 uie, grofgekap

60 ml olyfolie

sout en peper

2 suurlemoene

takkie elk tiemie en roosmaryn

’n paar lourierblare

1,5 kg aartappels, geskil en in groot stukke gesny

2 groot tamaties, in kwarte gesny

30 ml botter (opsioneel)

Só maak ’n mens:

1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Maak kepies in die vleis en druk ’n knoffelhuisie in elke snytjie. Plaas die uie op die boom van ’n oondpan en besprinkel dit met olyfolie. Geur die vleis met sout en peper, plaas dit bo-op die uie, bedruip dit met die sap van 1 suurlemoen en gooi die kruie by.

2. Giet 20 ml olyfolie en 200 ml water oor. Bak in die oond vir sowat 40 minute. Meng die aartappel en die oorblywende olyfolie en suurlemoensap en voeg dit by die vleis saam met nog 200 ml water.

3. Bak nog 20 minute. Pak die tamaties in die oondpan en stip met botter. Bak totdat die vleis gaar en die aartappels sag is.

Foto: Samarie Smith

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page