top of page

Grondboontjiebotter-tert

  • Mari-Louis Guy
  • May 21, 2015
  • 1 min read

grondboontjiebotter-tert.jpg

Genoeg vir 6-8.

Jy het nodig:

Vir die kors:

125 g gesmelte botter

2 k (150 g) veselryke koekies (digestive biscuits), fyngedruk

Vir die vulsel:

200 g roomkaas

200 g suiker

250 g gladde grondboontjiebotter

15 ml botter, gesmelt

5 ml vanieljegeursel

250 g vars room, geklop tot stywepunt-stadium

Vir die bolaag:

3 e (45 ml) warm koffie

1 k (150 g) sjokoladesplinters of gekapte sjokolade

½ k (60 g) geroosterde grondboontjies

Só maak ’n mens:

1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n 23 cm-flan-pan met ’n los bodem.

2. Meng die botter en die koekiekrummels. Druk dit deeglik op die bodem en kante van die voorbereide pan vas. Bak 10 minute en laat afkoel.

3. Klits die roomkaas, suiker, grondboontjiebotter, botter en vanieljegeursel in ’n elektriese menger met die spaan-bytoestel (paddle attachment) tot romerig.

4. Vou die helfte van die geklopte room versigtig by en herhaal dan die proses met die res van die room. Skep die vulsel in die afgekoelde tertdop.

5. Om die bolaag te maak, giet jy die warm koffie oor die sjokolade en laat dit ’n paar minute staan. Roer totdat die sjokolade gesmelt het en laat dan afkoel tot kamertemperatuur. Dit behoort effens dik maar steeds vloeibaar te wees. Giet oor die tert en sprinkel die grondboontjies oor. Verkoel die tert oornag in die yskas.

 
 
 

Comentários


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page