Happies met baba-aartappel, spek en parmesaan
- Leandri en Seline van der Wat
- May 21, 2015
- 1 min read

Jy benodig:
20 baba-aartappels
10 repies spek
50 g parmesaankaas, gerasper
’n handvol vars origanum, gekap (of 1 e gedroogde origanum)
15 ml olyfolie
50 g botter
seesoutvlokkies
Só maak ’n mens:
1. Kook die baba-aartappels in soutwater tot sag (25-30 minute).
2. Sodra die aartappels gaar is, verhit die olie en botter in ’n pan en braai die aartappeltjies saam met die origanum tot goudbruin. Roer die parmesaankaas by.
3. Sny die spek in die lengte middeldeur.
4. Draai ’n repie spek om elke aartappeltjie, steek dit vas met ’n tandestokkie en bak by 220 °C tot die spek bros en gaar is.
5. Sprinkel seesout oor en sit die happies voor met tamatieblatjang of ’n mengsel van mayonnaise en soetrissiesous.
Comments