Heerlike Oreo-kaaskoekies met vrugte
- Josh Thirion
- May 21, 2015
- 1 min read

Lewer 9 kaaskoekies.
Jy het nodig:
2 x 230 g ongegeurde roomkaas
100 g suiker
½ t vanieljegeursel
2 eiers
9 Oreo-koekies
vrugte van jou keuse, soos kiwivrug, aarbeie en druiwe
Só maak ’n mens:
1. Voorverhit die oond tot 180 ˚C. Voer 9 holtes van ’n muffinpan met papier- en dan tinfoelievormpies uit.
2. Klop die roomkaas, suiker en vanieljegeursel goed saam.
3. Voeg die eiers by en meng tot goed gemeng.
4. Plaas een Oreo-koekie in elke papiervormpie. Skep die roomkaasmengsel bo-op die Oreo-koekies.
5. Bak die mini-kaaskoekies 20 minute lank.
6. Haal uit die oond en sit eenkant om af te koel.
7. Sodra dit afgekoel is, plaas die kaaskoekies drie uur lank in die yskas.
8. Versier met dun gesnyde vrugte – soos kiwivrugte, aarbeie en druiwe – en sit voor.
Foto: Warren Heath
Comments