Herfsontbyt
- Seline en Leandri van der Wat
- May 21, 2015
- 1 min read

As jy nie ’n spesifieke vrug kan opspoor nie, vervang dit net met iets anders, of laat dit eenvoudig weg.
Jy het nodig (genoeg vir 4):
500 ml tuisgemaakte granola
4 grenadellas
2 pere
½ granaat
2 appels
8 vye
200 g saadlose druiwe
1 vanieljepeul
10 ml suurlemoensap
400 ml dubbelroom- Griekse jogurt
80 ml heuning (opsioneel)
Só maak ’n mens:
1. Sny die vrugte in happie-grootte stukkies.
2. Skraap die saadjies uit die vanieljepeul en meng dit met die jogurt. Voeg die suurlemoensap by en roer goed.
3. Skep ’n lepel vol van die jogurt op ’n bord en trek ’n vurk daardeur om ’n mooi patroon te maak.
4. Skep lepels vol van die granola op die bord en rangskik ook die vrugte hier en daar.
5. Drup die heuning oor die bestanddele op die bord en sit dadelik voor.
Foto: Seline van der Wat
Comments