top of page

Hertzoggie resep

  • Elphia Versluis
  • May 21, 2015
  • 1 min read

hertzoggies.jpg

Die resep kom van my ouma (Sophia Krapohl) – sy het my en my ma leer Hertzoggies maak.

Ek het die koekies al gemaak in ’n klein kolwyntjiepannetjie, want dan is dit ’n lekker happiegrootte wat ekstra-mooi lyk langs ’n koppie tee.

Die heel eier word gebruik om die bolaag te maak, nie net die wit nie. Heerlik!

Kors

• 250 ml mielieblom

• 500 ml koekmeel

• 250 ml bruismeel

• 2,5 ml sout

• 250 g botter

• 125 ml koue water

Meng die droë bestanddele en vryf die botter in met jou vingers. Meng net genoeg koue water by om ’n stewige deeg te vorm. Rol dun uit op ’n meelbestrooide werkoppervlak en sny in sirkels, so groot soos jy verkies. Plaas in ’n kolwyntjie-pannetjie (van jou keuse), goed gespuit met kleefwerende kossproei. (Niks brand so erg aan soos konfyt wat uitloop nie!) Vul elke deegsirkel met tuisgemaakte appelkooskonfyt. (Vir ‘n lekker variasie kan jy karamel- kondensmelk gebruik pleks van die konfyt.)

Bolaag

• 125 g botter

• 250 ml suiker

• 4 eiers

• 500 ml klapper

• knippie sout

Klits die botter en suiker saam tot lig en romerig. Voeg die eiers by en klits tot goed gemeng. Vou die klapper en sout saam in die mengsel in. Skep lepels vol van die bolaag op die konfyt in die deegsirkels. Plaas die Hertzoggies in ’n voorverhitte oond van 180 °C. Bak ongeveer 15 – 20 minute of tot ligbruin bo-op. Laat effens afkoel.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page