top of page

Hoendervlerkies in 'n lekker taai sous

  • Hilda Lategan
  • May 21, 2015
  • 1 min read

Hoendervlerkies in 'n lekker taai sous.jpg

Jy benodig (vir 4 porsies):

8 (altesame 500 g) hoendervlerkies, vlerkpuntjies afgesny

ongeveer 30 ml meel

5-10 ml sonneblomolie

1 klein (sowat 50 g) ui, gerasper

5 ml knoffel, gekap (opsioneel)

50 ml Worcestersous

50 ml tamatiesous

50 ml heuning

10 ml Engelse mosterd of mosterdsous van jou keuse

Tabasco-sous of rissiepoeier (na smaak)

Só maak ’n mens:

1. Voorverhit die oond tot 200 °C.

2. Hou die vlerkies heel of sny dit by die lit in twee kleiner porsies. Rol dit in koekmeelblom en skud die oortollige meel af. Plaas dit in ’n gesmeerde oondpan.

3. Verhit die olie en roerbraai die ui en knoffel. Roer die Worcestersous, tamatiesous, heuning en mosterd by. Verhit dit tot kookpunt. Giet ’n gedeelte van die warm sous oor die hoendervlerkies.

4. Bak die vlerkies 30 tot 40 minute lank tot gaar. Bedruip die hoendervlerkies deurentyd met die sous terwyl dit bak. Sit dit warm voor of bedien dit yskoud (verkil).

*Variasie:

Soms is hoendervlerkies skaars. Vervang die vlerkies onderskeidelik met 2 tot 4 hoenderboudjies vir 2 porsies of 4 tot 8 vir 4 porsies.

*Hoe kan ek dit bêre?

Bêre die gereg tot 48 uur lank in die yskas of bevries dit tot twee maande. Hou die hoender voortdurend goed verkoel en herverhit dit net een keer om voedselvergiftiging te voorkom.

Foto: Elmarie Knapton

 
 
 

Commentaires


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page