top of page

Jogurt-en-bloubessie-koekies

  • Karla Janse van Vuuren
  • May 21, 2015
  • 2 min read

Jogurt-en-bloubessie-koekies.jpg

Bloubessies (ook nou in seisoen, en net R15,95 vir ’n groot pakkie by my groentewinkel) is propvol antioksidante, kalium en vitamien C wat jou risiko van hartsiekte en kanker verlaag. Boonop is dié bessies ook anti-inflammatories.

Dié koekies het lekker baie bloubessies en dit bevat geen botter of margarien nie (Griekse jogurt word in plaas daarvan gebruik).

Om dit ’n ekstra soet skop te gee, drup ’n glaseersel van versiersuiker, vanieljegeursel en melk oor die gebakte koekies.

Maak 3-4 dosyn koekies.

Jy het nodig:

2k meel

1½t bakpoeier

½t koeksoda

¼t sout

1¼k suiker

1¼k Griekse jogurt

1 eier, liggies geklits

die skil van 1 suurlemoen, fyngerasper

1t vars suurlemoensap

½t vanieljegeursel

1¼k vars bloubessies

Vir die vanielje-glaseersel (opsioneel):

1k versiersuiker, gesif

2e melk

1½t vanieljegeursel

So maak ’n mens:

1. Voorverhit die oond tot 180°C. Voer ’n bakplaat met kleefwerende bakpapier uit en bespuit dit ook deeglik met kleefwerende kossproei (die koekies het ’n geneigdheid om vas te sit).

2. Meng die meel, bakpoeier, koeksoda en sout saam in ’n mengbak.

3. Meng die suiker, jogurt, eier, suurlemoenskil en -sap en vanieljegeursel saam in ’n middelslag-mengbak. Voeg die meelmengsel by die jogurtmengsel en meng deeglik. Vou die bloubessies in.

4. Skep opgehoopte eetlepelsvol van die beslag op die voorbereide bakplaat. Spasieer die koekies so 5cm uitmekaar.

5. Bak sowat 12 minute totdat die kante van die koekies net-net begin verbruin. Laat ’n rukkie afkoel en plaas dan op ’n draadrak om heeltemal af te koel.

6. Meng al die bestanddele van die glaseersel tot glad en drup dit oor die koekies. Bêre die koekies in ’n lugdigte houer in die yskas.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page