Koue aarbeisop
- Pete Goffe-Wood
- May 21, 2015
- 1 min read

Jy het nodig:
500 g aarbeie, gewas en gehalveer
250 ml aarbeijogurt
swartpeper
250 ml Graham Beck Brut Rosé
100 g vars somerbessies
500 g jogurtsorbet
Vir die sorbet:
500 ml water
250 g suiker
1 vanieljepeul, oopgesny
75 g vloeibare glukose (beskikbaar by bakwinkels)
die skil van 1 suurlemoen
die skil van 1 lemoen
500 m Griekse jogurt
Só maak ’n mens:
1. Plaas die aarbeie in ’n voedselverwerker en verwerk tot ’n fyn pulp.
2. Meng die aarbei-pulp, jogurt, ’n draai swartpeper en die vonkelwyn saam. Sit dadelik voor in plat sopbakke, en versier met die bessies en ’n skep jogurtsorbet.
3. Om die sorbet te maak: Meng al die bestanddele, behalwe die jogurt, saam in ’n kastrol en verhit oor lae hitte tot kookpunt. Kook tot die suiker opgelos het en die mengsel stroperig is. Verwyder van die hitte en laat afkoel. Giet die stroop deur ’n sif en klits die jogurt by. Giet in ’n roomysmasjien en laat dit sy ding doen.
Wenk: Moenie die res van die bottel Graham Beck Brut Rosé vergeet nie – sit dit voor saam met die vrugtesop.
Foto: Craig Fraser, A Life Digested
Comments