top of page

Mini-hoenderpasteitjies

  • Josh Thirion
  • May 21, 2015
  • 2 min read

Mini-hoenderpasteitjies.jpg

Lewer 6 porsies.

Jy het nodig:

4 hoenderfilette, gesny in blokkies van 1 tot 1,5 cm in deursnee

1 e (15 ml) olie

1 mediumgroot ui, geskil en fyngekap

1 t (5 ml) fyngemaakte knoffel

1 x 400 g-blikkie hoenderroomsop

1 x 250 g-pakkie bevrore, fyngekapte groente (wortels, ertjies en mielies)

sout en peper na smaak

1 x 400 g-rol broskorsdeeg, ontdooi

1 eier

1 t (5 ml) water

Só maak ’n mens:

1. Smeer 6 klein bakkies (ramekins) en sit eenkant. Verhit die olie in ’n braaipan, voeg die hoender by en braai tot bruin. Haal uit die pan en sit eenkant.

2. Voeg die ui en knoffel by die vorige pan en braai totdat die ui sag en deurskynend is.

3. Plaas die hoender terug in die pan en roer deur.

4. Voeg die hoendersop en groente by, verhit tot kookpunt en geur na smaak.

5. Verlaag die hitte en laat prut totdat die hoender heeltemal gaar en die groente sag is (10 tot 15 minute).

6. Verdeel die hoendermengsel tussen die 6 bakkies en laat dit afkoel.

7. Rol intussen die broskorsdeeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit tot sowat 5 mm dik.

8. Sny 6 sirkels uit wat ongeveer 1 cm wyer as die bakkies is.

9. Voorverhit die oond tot 220 °C. Klits die eier en water saam en bestryk elke deegsirkel met hierdie mengsel.

10. Plaas die eierkant bo-op elke gevulde bakkie. Bestryk dan ook die bokant van die deeg met die eiermengsel.

11. Bak 15 minute lank en verlaag dan die hitte na 200 °C. Bak dan totdat die kors opgepof en goudbruin is en die vulsel borrel – ongeveer ’n verdere 15 tot 20 minute.

9. Laat 10 minute lank op ’n draadrak afkoel voordat jy dit voorsit.

Foto: Warren Heath

 
 
 

Commentaires


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page