top of page

Mini-Paasbolletjie-oliebolle met sjokolade en kardemom

  • Seline en Leandri van der Wat
  • May 21, 2015
  • 2 min read

Mini-Paasbolletjie-oliebolle met sjokolade en kardemom.jpg

Maak 32

Bestanddele

Vir die Paasbolletjies

60 g gesoute botter

420 g koekmeel

5 ml sout

50 ml bruinsuiker

5 ml gemengde speserye

’n deeglike knypie fyngemaalde kardemom (7 peule)

7 ml gemaalde kaneel

10 g droë kitsgis

1 groot eier, geklits

200 ml warm melk

100 g witsjokoladesplinters (of sjokolade wat in blokkies gekap is)

sonneblomolie, vir diepbraai

300 ml strooisuiker, om daaroor te sif

Vir die wit kruise:

125 ml meel

125 ml water

Só maak ’n mens:

1. Maal die kardamompeule in ’n stamper en vysel en sif om enige groot stukke of doppe te verwyder.

2. Vryf die botter by die meel in en meng die sout, suiker, speserye en kardemom daarby. Voeg die gis daarby en meng.

3. Plaas die gemengde droë bestanddele in ’n elektriese klitser met ’n deeghaak. Klits die eier en warm melk saam en voeg dit geleidelik, op lae spoed, by die droë bestanddele om ’n deeg te vorm.

4. Meng totdat dit ’n sagte deeg vorm en knie dit dan vir sewe minute, op ’n medium spoed, tot glad en elasties. Indien ’n mens dit met die hand doen, knie dit vir minstens 10 minute of totdat die deeg elasties is. Oor die algemeen is dié deeg meer klewerig as normale brooddeeg – weerstaan dus die versoeking om nog meel by te voeg. Voeg halfpad deur die knieproses die sjokoladesplinters by die deeg.

5. Verdeel die deeg in 32 stukkies en rol dit in balletjies (my deeg het op sowat 25 g per stukkie uitgewerk). Plaas dit op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is, bedek en laat rys totdat dit in grootte verdubbel het.

6. Meng die meel en water saam tot glad om die kruise te maak. Plaas in ’n spuitsak en versier die bolletjies daarmee.

7. Verhit die olie in ’n pot tot 165 °C. Gebruik ’n lepel met gaatjies om die oliebolle versigtig in die olie te plaas en braai vir 21/2 minute aan elke kant deur dit met die lepel om te dop. Braai vir altesame vyf tot ses minute.

8. Verwyder dit uit die olie met die gaatjieslepel en laat die meeste olie afdrup voordat dit in strooisuiker gerol word. Plaas op ’n kombuisdoek om van enige oortollige olie ontslae te raak.

Foto: Seline van der Wat

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page