Muesli-ontbyttert
- Errieda du Toit
- May 21, 2015
- 1 min read

Jy benodig:
Vir die bolaag:
’n Verskeidenheid vrugte en bessies
Babawortels, gewas en liggies gekook
Kruisementblare, gewas
Vir die mueslibasis:
250g muesli, granola of geroosterde hawermoutvlokkies
100g sagte botter, verkieslik ongesout
Vir die witsjokoladejogurt:
100g witsjokolade
250ml ongegeurde jogurt
Só maak ’n mens:
1. Meng granola, muesli of geroosterde hawermout met botter.
Voer ’n losboomtertpan met kleefplastiek uit sodat die rante oorhang.
Druk die muesli- en bottermengsel op die boom vas, vou die kleefplas- tiek se punte oor en plaas in die vrieskas.
2. Smelt witsjokolade in ’n dubbelkoker oor sag-kokende water, laat dit afkoel en roer dit by ongegeurde jogurt. Klits tot glad en hou in die yskas.
Wenk: Die jogurt moenie koud wees nie, anders kan die sjokolade klontjies maak. Sorg ook dat die gesmelte sjokolade behoorlik afgekoel het.
3. Sit dit voor: ’n Paar minute voordat jy dit wil voorsit, haal die bevrore mueslitertkors uit, plaas dit op ’n groot opdienbord en stapel die vrugte en worteltjies bo-op.
Rond af met ’n streepsel heuning of esdoringstroop.
Die kors verkrummel dalk as jy dit in skywe sny en opskep, maar dit maak nie saak nie, want ma’s vergewe alles.
Foto: Ian du Toit
コメント