top of page

Murgpampoentjiekoek

  • Nicky Viakovsky
  • May 21, 2015
  • 1 min read

Murgpampoentjiekoek.jpg

Jy het nodig:

60 g rosyne

kookwater

2 groot eiers

125 ml sonneblomolie

150 g strooisuiker

225 g bruismeel

½ t bakpoeier

½ t koeksoda

250 g murgpampoentjies, gerasper

Vir die versiersuiker:

200 g roomkaas

100 g versiersuiker

die sap van 1 lemmetjie

’n hand vol gekapte pistasieneute

Só maak ’n mens:

1. Plaas die rosyne in ’n mengbak en bedek met die kookwater. Laat sowat ’n halfuur staan om te swel.

2. Klits die eiers, olie en strooisuiker saam in ’n middelslag-mengbak.

3. Sif die bruismeel, bakpoeier en koeksoda bo-oor die eiermengsel en roer tot gemeng.

4. Dreineer die rosyne en roer dit saam met die gerasperde murgpampoentjies by die deeg.

5. Skep in 2 ronde, gesmeerde koekpanne (voer die bodem uit met bakpapier) en bak 25 minute by 180 °C tot gaar. Laat dit ’n rukkie in die panne afkoel en keer dan versigtig op ’n draadrak uit om heeltemal af te koel voordat jy dit versier.

6. Om die versiersuiker te maak, klits die roomkaas tot glad en sag. Sif die versiersuiker oor en roer tot gemeng. Voeg die lemmetjiesap by en klits tot deeglik gemeng. Plak die twee koeke bo-op mekaar met die versiersuiker tussen-in en versier ook bo-op. Sprinkel gekapte pistasieneute bo-oor.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page