top of page

Nektarien en pruim relish

  • Samarie Smith
  • May 21, 2015
  • 1 min read

Nektarien en pruim relish.jpg

Jy het nodig:

2 uie, grof gekap

2 knoffelhuisies, fyn gekap

Olyfolie, vir braai

30 ml fyngerasperde vars gemmer

1-2 rooi brandrissie, met pitjies en al fyn gekap

3 ml kaneel

3 ml anyssaad

3 ferm nektariens, gehalveer, ontpit en in blokkies gesny

3 ryp pruime, gehalveer, ontpit en in blokkies gesny

100 ml bruinsuiker

200 ml wit druiweasyn

Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

So maak mens:

1. Braai die uie en knoffel in ’n bietjie olyfolie tot deurskynend, maar moenie bruin braai nie.

2. Voeg die gemmer, brandrissie, kaneel en anyssaad by en braai vir 2 minute, tot geurig.

3. Voeg die nekariens en pruime by en braai liggies tot die vrugte begin sag word.

4. Voeg die bruinsuiker by, braai tot gekarameliseerd en voeg dan die druiweasyn by. Verhit tot kookpunt en prut liggies tot die vrugte sag en die relish skepdikte is (Voeg ’n bietjie water by as dit lyk of die relish te dik word voor die vrugte sag is.)

5. Geur met sout en vars gemaalde swartpeper en voeg nog ‘n bietjie fyn kaneel by, indien verkies. Laat afkoel en sit teen kamertemperatuur voor met korserige brood, koue vleise en ‘n verskeidenheid kaas. Lewer sowat 500 ml.

Foto: Samarie Smith

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page