Oondgeroosterde nektariens met gemmerkrummels
- Samarie Smith
- May 21, 2015
- 1 min read

Jy het nodig:
8 ferm nektariens, gehalveer en ontpit
1 x 200 g pakkie gemmerkoekies, gekrummel
100 ml sagte bruinsuiker
100 g botter, gesmelt
3 ml fyn kaneel
Mascarpone, geklopte room of vanieljeroomys om mee voor te sit
Maak so:
1. Voorverhit die oond tot 200 C.
2. Voer ’n bakplaat met bakpapier of foelie uit en pak die nektariens, met pitholtes na bo, op die bakplaat.
3. Meng die gemmerkoekies, bruinsuiker, gesmelte botter en kaneel saam en skep ’n eetlepelvol op elke halwe nektarien. Bak vir 10 minute. Verhoog die temperatuur (of skakel die oondrooster aan) en oondrooster vir ’n verdere 3-5 minute, tot die krummellaag diep goudbruin en bros is en die nektariens deurwarm. Sit louwarm voor met ‘n skeppie mascarpone, geklopte room of vanieljeroomys bo-op.
**Lewer vier porsies.
Foto: Samarie Smith
Comments