top of page

Poffertjietorings met appel, gemmer en gesoute karamel

  • Seline en Leandri van der Wat
  • May 21, 2015
  • 2 min read

Poffertjietorings met appel, gemmer en gesoute karamel.jpg

Genoeg vir vier.

Jy benodig:

Vir die choux-deeg:

50 g botter

150 ml water

65 g meel

’n knypie sout

2 eiers, liggies geklits

Vir die gemmervla:

3 eiergele

50 g strooisuiker

1 t gemaalde gemmer

20 g meel

250 ml volroom melk

Vir die appelcompote:

2 grannysmith-appels, geskil, stronk verwyder en gekap

100 ml appelsap

Vir die gesoute karamel:

200 ml suiker

4 ml sout

100 ml room

So maak ’n mens:

Die choux-poffertjies:

1. Voorverhit die oond tot 200 °C.

2. Plaas die botter en water in ’n middelslagkastrol en verhit. Sif die meel en sout bo-oor ’n vel bakpapier.

3. Sodra die botter-en-watermengsel begin borrel, verwyder die kastrol van die hitte en keer die meelmengsel vinnig alles op een slag in die kastrol. Klop met ’n houtlepel tot die mengsel bymekaar kom om ’n deegbal te vorm.

3. Plaas terug op die stoof en kook twee minute oor lae hitte. Verwyder van die hitte en laat twee minute lank afkoel.

4. Klits die eiers bietjie vir bietjie by tot ’n gladde en blink pasta vorm. Die mengsel sal lyk asof dit geskif het – hou egter net aan klop. Sodra die pasta gevorm het, skep dit in ’n versiersak.

5. Plaas ’n vel kleefwerende bakpapier bo-op ’n bakplaat en spuit balletjies van die deeg bo-op die papier. Sprinkel ’n bietjie water met jou vingers oor en tussen die deeg. Plaas die bakplaat in die oond en bak 20 minute lank.

6. Sodra die poffertjies gaar en opgepof is, verwyder uit die oond en prik hul onderkante sodat die stoom kan ontsnap. Verlaag die oond se hitte na 180 °C en plaas die bakplaat terug in die oond vir nog vyf minute sodat die poffertjies bros word.

7. Haal uit die oond en laat afkoel.

Die vla:

1. Klits die eiers, suiker, gemmer en meel saam.

2. Verhit die melk in ’n kastrol en klits dit dan baie vinnig by die ¬eiermengsel in – klits vinnig en deeglik sodat jy nie roereier maak nie.

3. Plaas die mengsel terug in die kastrol en kook oor matige hitte terwyl jy aanhoudend roer tot dik. Verwyder van die hitte en laat afkoel. Skep in ’n versiersak.

Die appelcompote:

Kook die appels in die appelsap teen matige hitte totdat die appels fyn is en die sap weggekook het.

Die gesoute karamel:

1. Verhit die suiker in ’n klein kastrol oor matige hitte tot die kante begin verbruin. Roer tot die res van die suiker gesmelt het en die karamel ’n gladde, goudbruin kleur het.

2. Voeg die room by en hou dit fyn dop dat dit nie oorkook nie. Klits dit vinnig oor lae hitte tot glad.

3. Sprinkel die sout by en verwyder van die hitte.

Sit die gereg bymekaar:

Spuit die afgekoelde vla in die choux-deegpoffertjies (spuit dit van onderaf in) en plaas van die grootste poffertjies gereed op opdienborde.

Skep twee teelepels van die appelcompote bo-op die poffertjies en pak dan nog twee poffertjies bo-op die eerste een. Drup die gesoute karamel oor en maak die gereg nog mooier met droë appelskywe as jy soos ’n regte Parysenaar wil voel!

Foto: Leandri van der Wat

 
 
 

Comentários


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page