Romerige varkfilet met sampioene
- Low-Carb living for Families - Monique le Roux
- May 21, 2015
- 1 min read

Jy benodig:
600 g varkfilet
’n knypie paprika
sout en peper
15 ml droë dragon
5 ml koljander
50 g klapperolie of botter
4 middelgroot sampioene, gekap
1 ui, gekap
500 ml vars room
30 ml Worcestersous
3 knoffelhuisies, gekap
Só maak ’n mens:
1. Sny die filet in skyfies van 1 cm dik en sprinkel die speserye oor.
2. Smelt die helfte van die klapper- olie of botter in ’n pan en braai die vleis aan albei kante tot mooi goudbruin. Skep vleis uit die pan en hou eenkant.
3. Smelt die res van die vet en braai die sampioene. Voeg die ui by en roerbraai saam met die sampioene vir sowat vyf minute. Voeg die room, Worcestersous en knoffel by.
4. Plaas die vleis terug in die pan en roer deur. Laat prut vir sowat tien minute. Sit voor saam met fyn blomkool.
Comments