Rooibos-en-neutmuskaatstroop
- Seline van der Wat
- May 21, 2015
- 1 min read

Dié stroop is eenvoudig om te maak, maar dit spog met ’n heerlike, warm geur. Drup dit oor pannekoek of roomys of roer dit by jou cappuccino of glühwein.
Jy net nodig:
4 rooibos-teesakkies
500 ml water
5 ml neutmuskaat
300 ml suiker
Só maak ’n mens:
1. Plaas die teesakkies en water in ’n klein kastrol en kook vir twee minute. Skep die teesakkies uit en gooi weg.
2. Voeg die neutmuskaat en suiker by en laat liggies prut totdat dit met ’n derde gereduseer het. Hoe lank dit neem om te reduseer sal afhang van hoe groot jou kastrol is – hoe groter, hoe vinniger!
3. Sodra die mengsel soos ’n dun stroop lyk, verwyder dit van die hitte en laat dit afkoel. Die stroop sal verdik soos dit koud word.
4. As die koue stroop ’n bietjie té dik geword het, roer net ’n bietjie warm rooibostee by om dit te verdun.
Foto: Seline van der Wat
Comments