top of page

Sagte speserykoekies

  • Karla Janse van Vuuren
  • May 21, 2015
  • 1 min read

Sagte speserykoekies.jpg

Dié koekies maak ’n mens met bestanddele wat in jou spens en yskas behoort te wees. As jy nie melasse het nie, kan jy dit met gouestroop vervang (Vital Health Foods se melasse is beskikbaar by supermarkte en kos R32 vir ’n 500 g-botteltjie). Die res van die bestanddele het sowat R20 gekos.

Maak ongeveer 4 dosyn.

Jy het nodig:

2¼ k meel

2 t gemmer

1 t kaneel

½ t naeltjies

1 koeksoda

¼ t sout

180 ml sagte botter

1 k suiker

1 eier

¼ k melasse (of gouestroop)

2 e suiker om die koekies in te rol

Só maak ’n mens:

1. Voorverhit die oond tot 180 °C en berei bakplate voor.

2. Meng die meel, speserye, koeksoda en sout.

3. Verroom die botter met ’n elektriese klitser en klits dan die suiker by. Klits tot donsig.

4. Klits die eier en melasse by. Voeg die helfte van die meelmengsel by en klits tot gemeng. Roer die res van die meel met ’n houtlepel by.

5. Vorm eetlepels vol van die deeg in balletjies, rol in die ekstra suiker en pak op die bakplate. Bak 10 minute of tot ligbruin en opgepof. Laat 2 minute afkoel op die bakplate (die koekies sal baie sag wees nadat dit uit die oond kom) en verskuif dan na draadrakke om heeltemal af te koel.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page