Sjokolade-rum-truffels
- Leon Cronjé en Andrea Hallam
- May 21, 2015
- 1 min read

Jy benodig:
300g donkersjokolade van goeie gehalte
100g dik room
150g botter
25g donker rum
kakao, gekapte neute, gesmelte sjokolade
’n lekkergoed-termometer
Só maak ’n mens:
1.Kap die sjokolade en smelt dit oor ’n dubbelkoker.
2.Verhit die room tot net onder kookpunt. Laat dit afkoel tot sowat 40°C en giet dit dan by die gesmelte sjokolade.
3. Plaas die botter in ’n elektriese menger en klits tot sag en donsig. Vou die sjokolademengsel bietjies-bietjies by die botter. Roer dan ook die rum by. Jy kan ook enige ander alkohol van jou keuse gebruik – probeer Amarula, whisky of Cape Velvet.
4.Voer ’n klein broodpannetjie uit met kleefplastiek en giet die sjokolademengsel daarin. Plaas in die yskas om te stol.
5. Gebruik teelepels (doop dit in kookwater om dit warm te maak en die proses te vergemaklik) om balletjies uit die mengsel te skep en rol dit dan in gekapte neute of kakao of doop dit in gesmelte sjokolade. Laat hard word en bêre in die yskas tot benodig. Pak dit in ’n mooi houertjie en gee dit as ’n geskenk aan jou geliefde.
Foto: iStock
Kommentare