Spek-en-kaasvoupakkies
- Josh Thirion
- May 21, 2015
- 1 min read

Lewer 6 porsies.
Jy het nodig:
1 x 400 g-rol broskorsdeeg, ontdooi
2½ k (625 ml) gerasperde cheddarkaas
6 repe rugspek
1 eier, liggies geklits
Só maak ’n mens:
1. Voorverhit die oond tot 220 °C. Voer ’n groot bakplaat met bakpapier uit en plaas dit eenkant. Rol die deeg oop, sny in 6 vierkante en plaas dit op die bakplaat.
2. Verdeel die gerasperde kaas in 6 porsies en plaas dit oorlangs van een hoek na die teenoorgestelde hoek op elke deegvierkant. Plaas ’n reep spek bo-op.
3. Vou die twee skoon hoeke na die middel toe; dit sal 1-1,5 cm oorvleuel. Bestryk die deeg met die geklitste eier.
4. Bak vir 45 minute of tot goudbruin.
Foto: Warren Heath
Comentarios