top of page

Só maak jy ’n kragsop

  • Marie Viljoen
  • May 21, 2015
  • 2 min read

Só maak jy ’n kragsop.jpg

“Die voorbereiding is tydrowend, maar ’n lekker beker hiervan met suurdeegroosterbrood is ’n maaltyd in eie reg,” sê die sjef en kosblogger Marie Viljoen van 55 Square Feet, wat dié resep spe­siaal vir Leefstyl saamgestel het.

Genoeg vir 4 mense

Jy het nodig:

■ 1,5 kg beesvleis-kortrib of ander beesvleisbene met ’n bietjie vleis aan, dwarsoor die been gesny

■ Sout en peper

■ 3 e tamatiepasta

■2 selderystingels, in 5 cm-stukke gesny

■ 2 medium-wortels, ongeskil en in 5 cm-stukke gesny

■ 2 preie, wit en groen dele, baie deeglik skoongemaak

■ 3 knoffelhuisies

■ 1 bossie pietersielie

■ 1 koppie rooiwyn

■ Water

So maak ’n mens:

1. Rangskik die stukke vleis eweredig in ’n oondpan en geur met sout en peper. Rooster dit vir een uur teen 180 °C. Verwyder die pan uit die oond en voeg die ander bestanddele, behalwe die vloeistowwe, by. Meng dit baie goed en sit jou pan vir nog 30 minute in die oond.

2. Skep die vleis en groente in ’n groot kastrol. (Probeer om dit nie te eet nie – dit ruik en smaak nou heerlik!) Plaas die oorspronklike oondpan oor hoë hitte op die stoof en voeg die koppie rooiwyn by.

Gebruik ’n houtlepel om al die bruin stukkies wat aan die onderkant vassit, los te krap en gooi hierdie vloeistof ook in die kastrol. Voeg nou genoeg water by sodat al die bestanddele bedek is deur sowat 10 cm vloeistof. As jy nie genoeg spasie het nie, sal jy ’n groter kastrol nodig hê. Bring die vloeistof tot by kookpunt, en verlaag die hitte sodat die oppervlak baie, baie versigtig borrel. Laat dit stadig vir nog 5 uur teen hierdie temperatuur prut.

Bestanddele moet lank saamkook sodat die geure kan ontwikkel.Gooi die sop deur ’n sif om die vaste bestanddele te verwyder.

3. Laat die aftreksel in die kastrol afkoel (oornag in koel weer). Skraap die vet wat op die oppervlak hard geword het, af. As die vet nie hard is nie, kan jy die kastrol vir ’n uur in die yskas sit. Gooi nou die inhoud van die kastrol deur ’n fyn maassif in ’n groot bak. Bêre die vleis en groente vir ’n ander gereg (soos ragout). Laat die kastrol nou prut oor me­dium-hoë hitte en geur na smaak. Bedien met warm gebotterde brood en ’n groensmeer.

**Wenk: Om ’n groensmeer te maak, meng 1 koppie pietersielie, ½ koppie kruisementblare, 1 knoffelhuisie, ¼ teelepel sout, 2 teelepels suiker en 2 eetlepels suurlemoensap saam in ’n voedselverwerker totdat dit fyngekap is.

■ Marie se boek 66 Square Feet – A Delicious Life is in Suid-Afrika beskikbaar by Amazon, Kalahari en in boekwinkels.

Foto: Marie Viljoen

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page