Tant Martie se aartappelkoekies
- Ina van Middelburg
- May 21, 2015
- 1 min read

Jy benodig:
4 groot aartappels
2 eiers
2 t bakpoeier
genoeg meel om ’n deeg te vorm (ons het sowat 150 ml meel gebruik)
sout na smaak
droë pietersielie na smaak
sonneblomolie vir vlakbraai
Só maak ’n mens:
1. Skil en rasper die aartappels. Voeg al die ander bestanddele by. Die deeg moenie te slap of te styf wees nie.
2. Verhit genoeg sonneblomolie in ’n pan om die koekies te kan vlakbraai.
3. Skep lepelsvol van die aartappelmengsel in die pan en braai tot ligbruin buite en deurgaar.
4. Sit warm voor.
Foto: Nelius Rademan
Commentaires