top of page

Tuisgemaakte granola

  • Seline en Leandri van der Wat
  • May 21, 2015
  • 2 min read

Tuisgemaakte granola.jpg

Jy kan byvoeg en weglaat net wat jy wil, maak net seker jy voeg wel die botter en heuning by om die ander bestanddele bymekaar te hou.

Jy het nodig:

500 g hawermout

60 g lynsaad

150 g pampoensaad

150 g sonneblomsaad

200 g kasjoeneute

100 g haselneute

150 g amandels

100 g pekanneute

200 ml heuning

150 g botter, in blokkies gesny

5 ml kaneel

3 ml neutmuskaat

500 ml klappervlokkies

80 g gedroogde bessiemengsel

100 g bosbessies (cranberries)

Só maak ’n mens:

1. Voorverhit die oond tot 150 °C.

2. Voer ’n groot bakplaat met foelie of bakpapier uit en bespuit dit ook liggies met kleefwerende kossproei.

3. Plaas die hawermout, sade en neute op die bakplaat. Sprinkel die speserye oor en stippel hier en daar met die botter. Drup die heuning so eweredig as moontlik oor.

4. Plaas die granola in die oond vir 5 minute (of tot die botter sag en gesmelt is). Haal uit die oond en meng deeglik sodat al die bestanddele met die botter, heuning en speserye bedek is.

5. Plaas terug in die oond en bak 15 tot 20 minute (afhangende van hoe donker jy die granola wil hê). Haal dit elke 3 minute uit die oond en meng deeglik. Dit sal verseker dat die granola ’n eweredige goudbruin kleur kry.

6. Sodra die granola uit die oond is (dit moet nog warm wees), voeg die bessies by en meng.

7. Plaas die klappervlokkies op ’n skoon bakplaat en rooster in die oond vir net ’n minuut of twee tot die kante van die vlokkies ligbruin begin verkleur. Haal uit die oond en voeg die vlokkies by die granola.

8. Sodra die granola afgekoel het, kan jy jou hande of ’n eierspaan gebruik om dit op te breek in stukkies en só ’n eweredige verspreiding van bestanddele verseker. Bêre die granola tot ’n maand lank in ’n lugdigte houer of skep dit in ’n pragtige glasfles as jy dit as ’n geskenk vir iemand spesiaals wil gee.

Foto: Seline van der Wat

 
 
 

Comentarios


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page