top of page

Tuna Happies

  • Hilda Lategan
  • May 21, 2015
  • 2 min read

tuna happies.jpg

Jy het nodig (16 balletjies):

1 groot aartappel (130g) met skil in blokkies gesny

1 blik (170g, 135g gedreineer) soliedverpakte tuna in water of olie

10ml ui, fyngekap of gerasper

30ml vars pietersielie of vinkel, gekap

10ml tamatiesous

5ml Worcestersous

’n knippie fyn witpeper

1 eier, geskei

5ml water

4 (25g) ProVita’s, fyn gerol

1 x 30g pakkie sout-en-asyn aartappelskyfies, fyn gerol

Só maak ’n mens:

1.Kook die aartappelblokkies vir 10 tot 12 minute tot sag en gaar. Dreineer, druk die aartappel met die skil fyn en laat afkoel.

2.Dreineer die tuna se water of olie deeglik. Vlok die tuna en voeg dit saam met die ui, pietersielie of vinkel, tamatiesous, worcestersous, peper en eiergeel by die fynaartappel. Meng en verkoel vir 30 minute.

3.Voorverhit die oond tot 200°C.

4.Klits die eierwit saam met 5ml water tot net gebreek. Meng die fyngerolde beskuitjie- en aartappelskyfiekrummels in ’n bord. Verdeel die vismengsel in 16 porsies en rol dit in balletjies. Rol die visballetjies in die eierwit, dreineer en rol dit in die krummels. Plaas die visballetjies op ’n gesmeerde bakplaat.

5.Bak vir 30 tot 35 minute totdat die balletjies effe bros is. Sit warm of koud voor.

*Variasies: Vervang die tuna met salm, sardyne of enige ander gaar vis. Dreineer alle oortollige vloeistof om te voorkom dat die mengsel te pap is.

*Viskoekies vir visburgers: Gebruik dieselfde resep, maar verdeel die vismengsel in twee of vier groter koekies.

*Inpak en bêre:

Verkoel die gereg tot 24 uur. Weens die aartappel daarin is dit nie wenslik om die visballetjies te bevries nie. Hou die visballetjies voortdurend goed verkoel en herverhit dit net een keer om voedselvergiftiging te voorkom.

Foto: Elmarie Knapton

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page