top of page

Tydsame lamsnek

  • Errieda du Toit
  • May 21, 2015
  • 2 min read

Tydsame lamsnek.jpg

Met hierdie resep wyk ek van die lamsboud-tradisie af en gee die onderskatte neksnit ’n ereplek aan my Paastafel. Dit vat tyd om lamsnek gaar te maak, en dit vat tyd om die laaste vleis uit die beentjies te kerf. Maar dit géé tyd terug om dankbaar te wees vir die offer van die lam. As jy skaapnek in die hande kan kry, is niks meer nodig as ’n paar spatsels water en bruinasyn, sout, peper en koljander in die pot nie. Maar dis Paastyd en ek volstaan met lam.

Hierdie metode is juis goed vir lam wat nie die ontwikkelde smaak van skaapvleis het nie. Omdat dit feestyd is, kry elke gas sy eie lamsnekkie saam met ’n knipmes en ’n jammerlappie. (Vir alledaagse eet, vra jou slagter om die nek in die lengte deur te saag om die maaltyd te rek.)

1. Vee vier lamsnekke af met ’n asynlappie, geur met sout en peper en braai albei kante goudbruin in ’n groot vuurvaste bak of ysterpot.

2. Berei ’n aromabad vir die nekke voor in dieselfde pot met ’n glas witwyn, vier vet, gekneusde knoffelhuisies, stroke suurlemoenskil, 3-4 ansjovisfilette, gestampte koljander, marjolein, oregano en drie naeltjies. Daarby kom 2-3 geskraapte geelwortels en soveel klein uitjies soos jou pot kan hanteer.

3. Bak teen 140 °C vir 4½-5 uur, draai die nekke tussendeur om en skep van die pansouse oor. Haal die deksel af en bak totdat die vel bruin is en die Marmite-agtige sousie jou duidelik laat verstaan dis gaar.

4. Bedien soetsuur sousbone of pietersielie-en-asyn-pesto saam met die vleis sodat die asynsmake deur die vet kan sny.

Sorg dat daar oorskiet is vir Paasmaandag. Trek die knipmes nader en diep met dankbaarheid die koue lamsvleis tussen die nekbeentjies uit.

Foto: Ian du Toit

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page