top of page

‘Aardappel-porring’

  • Baderoeniesa (Niesa) Bosch
  • May 22, 2015
  • 1 min read

Aardappel-porring.jpg

Bosch glo haar ma het die beste brood in die Bo-Kaap gebak. Hierdie “aardappel-porring” word gereeld saam met broodpoeding by spesiale geleenthede opge­dien.

Jy het nodig:

1,3kg aartappels, geskil

250g Marvello-margarien of botter

3 k suiker

12 jumbo-eiers

1 liter melk met ’n bietjie ekstra

1 e vlapoeier

1 e bruismeel

3 druppels amandel-ekstrak

Só maak mens:

Kook die aartappels en druk dit fyn met die margarien en meng die suiker by. Meng dit met ’n elektriese klitser om ’n gladder tekstuur te kry. Klop die eiers en die melk in ’n ander bakkie. Meng die vlapoeier en die bruismeel in ’n koppie met ’n bietjie melk om ’n gladde smeersel te kry. Voeg die vla-smeersel by die eier en melkmengsel en meng goed. Giet hierdie deegbeslag dan by die aartappelmengsel. Voeg die amandel-ekstrak by en meng goed. Giet die mengsel in ’n gebotterde diep bak van 20 x 30 cm en bak vir ’n uur teen 180-200˚C totdat die bo-laag mooi bruin is. Die middel mag dalk nog nie behoorlik gestol het nie, maar dit sal wel wanneer dit eers uit die oond is. Sny in blokkies en dien op met gestoofde vrugte.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page