top of page

‘Toor’ met stadige hoender

  • Errieda du Toit
  • May 22, 2015
  • 2 min read

‘Toor’ met stadige hoender.jpg

Langafstand-‘toortisserie’- hoender met plomp tjips: Die stadige rooster en nou-en-dan se omdraai omskep hoender in ’n dekselse goeie plaasvervanger vir winkel-rotisseriehoender. Selfs Usain sal sy medalje afstaan vir hierdie sappige langasem.

Jy benodig:

.1 hoender

.15ml vinkelsade (fennel)

.1 e gekapte tiemieblare

+ 2 takkies

.1 e vars marjolein, gekap

+ 2 takkies

.5 ml sout

.½t peper

.3 e olyfolie

.1 kleinerige suurlemoen, in kwarte gesny

.1 heel knoffelbol, middeldeur gesny

.6 aartappels, geskrop en in kwarte gesny

.275ml witwyn

Só maak mens:

1.Voorverhit oond tot 150°C.

2.Maak vinkelsade fyn in stamper en vysel. Gooi kruie, sout en peper en 2 eetlepels van die olie by. Stamp fynerig om ’n smeer te vorm.

3.Sit hoender in die oondpan en smeer goed in met die mengsel. 4.Sout en peper die holte van die hoender deeglik, druk die suurlemoen en knoffel in die holte. Steek die marjolein- en tiemietakkies ook in die holte.

5.Bind die pootjies mooi kuis met kombuistou toe.

6.Rangskik aartappelwiggies om die hoender in die oondbak, sprinkel olyfolie oor die aartappels en geur goed met sout en peper. Wikkel die wiggies deurmekaar sodat dit goed met die olie bedek is.

7.Bak 3uur in die oond. Draai die hoender en aartappels elke 40 minute om en bedek met die pansouse. Om ’n lekker kleurtjie aan die hoender te gee en die aartappels goed bros te kry, plaas dit sowat 10 minute onder die gloeiende roosterelement.

8.Haal die hoender en aartappels uit die oondbak en plaas op dienbord.

9.Gooi wyn by die pansouse en kook op ’n stoofplaat af tot die wyn goed deurgekook is en die vloeistof met die helfte verminder het. Bedien saam met die hoender.

 
 
 

Comentários


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page