Aarbei-en-swartkersiekoekstruif
- Karla Janse van Vuuren
- May 22, 2015
- 1 min read

Genoeg vir 6
Jy het nodig:
6 dubbelsjokolade muffins
60-80ml brandewyn, sjerrie of ander soetwyn van jou keuse
1 blik kondensmelk
250ml roomkaas
die sap en skil van ryp suurlemoen
1 blik swartkersies
250ml room
1 Flake
vars aarbeie, na smaak
Só maak ’n mens:
1. Sny die muffins middeldeur en sprinkel die alkohol oor. Pak ses van die muffin-helftes onderin die bak wat jy gaan gebruik (of een helfte in elke bakkie).
2. Klits die kondensmelk, roomkaas en suurlemoensap en -skil saam tot glad.
3. Giet die helfte van die mengsel oor die muffins in die bak en rangskik dan die helfte van die swartkersies op die roomkaaslaag. Herhaal met nog ’n laag muffins, roomkaas en kersies.
4. Bedek die bak met kleefplastiek en verkoel vir ten minste 4 uur of verkieslik oornag.
5. Klits die room styf net voordat jy die koekstruif wil voorsit en skep dit bo-op. Versier met die gekrummelde Flake en vars aarbeie.
Foto: Gerrie Janse van Vuuren
Comments