top of page

Appelkoos-en-tiemiekonfyt met hoender en slaai

  • Leandri & Seline van der Watt
  • May 22, 2015
  • 2 min read

hoender en slaai.jpg

Genoeg vir twee

Jy het nodig:

Vir die appelkoos-en-tiemiekonfyt: (maak sowat 1,5kg konfyt)

1kg vars appelkose

800g suiker

2e asyn

15g vars tiemieblaartjies

’n knypie sout

Vir die hoender:

2 hoenderborsies

3e van jou tuisgemaakte

appelkooskonfyt

sap van 1 suurlemoen

1e witwyn-asyn

sout en peper

½t knoffel

2e olyfolie

Vir die slaai:

Bronkors

1 komkommer, in repe gesny

5 babatamaties, gehalveer

50g kasjoeneute

1 avokadopeer, in skyfies gesny

Só maak ’n mens:

1. Maak eerste die konfyt. Was die appelkose deeglik en sny middeldeur. Verwyder die pitte.

2. Plaas die appelkose in ’n groot kastrol; voeg die suiker, asyn, tiemieblaartjies en sout by. Verhoog die hitte tot matig en laat kook. As jy ’n gladde konfyt wil hê roer die konfyt deurgaans sodat die vrugte opbreek. As jy ’n konfyt met meer tekstuur verkies, roer een keer elke paar minute. Die konfyt moet stadig kook totdat dit begin verdik – sowat 40min.

3. Verhit intussen ’n skoon konfytfles in die oond by 150°C vir 40 min.

4. Kyk of die konfyt gereed is deur ’n klein lepel vol op ’n piering te skep en dit ’n rukkie daar te los. As dit ’n velletjie vorm en nie binne 30sek. die piering vol loop nie, is dit reg.

5. Verwyder die kastrol van die hitte, skep in die gesteriliseerde flesse en draai die deksel stewig vas.

6. Maak die hoendergereg deur die hoender in die suurlemoensap, 2 eetlepels van die konfyt, sout en peper na smaak en knoffel 30 min. te marineer.

7. Verhit 1 eetlepel olyfolie in ’n pan en braai die hoenderborsies vir sowat 12 min. tot gaar. Sny in repies en hou eenkant.

8. Rangskik die bronkors, komkommer, tamaties, neute en avokadopeer op ’n bord. Pak ook die hoenderrepies op die slaai.

9. Klits die res van die konfyt, asyn en die res van die olyfolie saam en druip dit oor slaai. Sit dadelik voor.

 
 
 

Yorumlar


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page