Appelsous
- Samarie Smith
- May 22, 2015
- 1 min read

Jy benodig:
■ 4 Granny Smith-appels, afgeskil en stronke uitgesny
■ 150g botter
■ 1 e bruinsuiker
■ 1 kaneelstokkie
■ sout en peper
■ ½ k water
Só maak ’n mens:
Sny die appels in 2cm-blokkies.
Smelt die botter in ’n swaarboompot en voeg die appel, suiker, kaneel, sout, peper en water by. Kook vir 15 tot 20 minute met die deksel op en totdat die appel deurgekook en sag is.
Haal die kaneelstokkie uit en verwerk dit in ’n voedselverwerker tot dit glad is.
Comments