top of page

Babel se ontbyttert

  • Errieda du Toit
  • May 22, 2015
  • 1 min read

Babel se ontbyttert.jpg

Jy het nodig:

Vir die basis:

. 250g granola/muesli/geroosterde hawermout

. 100ml sagte botter (verkieslik ongesout)

Vir die witsjokolade-jogurt:

. 100g witsjokolade

. 1-2 koppies ongegeurde jogurt

Vir die bolaag:

.Liggekookte jong worteltjies en enige kombinasie van appelkosies, nektariens, lietsjie, pruim, papierdun skyfies appel, frambose en bloubessies

Só maak ’n mens:

1. Meng die granola of muesli of geroosterde hawermout en die botter. Voer ’n losboom tertpan met kleefplastiek uit dat die rante oorhang en druk die mueslibottermengsel op die boom vas, vou die kleefplastiek se punte oor en plaas in die vrieskas.

2. Maak nou die witsjokolade-jogurt: Smelt die witsjokolade in ’n dubbelkoker, laat dit afkoel en roer dit by die ongegeurde jogurt. Klits dit tot glad en hou dit in die yskas. Ek vind dat die jogurt nie te koud moet wees as jy die gesmelte sjokolade byroer nie, anders maak dit klontjies. Sorg ook dat die gesmelte sjokolade behoorlik afgekoel het.

3. Nou is jy gereed om die tert aanmekaar te sit. Haal die gevriesde muesli-tertkos ’n paar minute voor opdiening uit die pan en plaas op ’n groot opdienbord. Stapel die worteltjies en vrugte bo-op, met ’n paar worteltjies aan die kant. Rond af met ’n streepsel heuning of esdoringstroop oor die worteltjies.

Wenk: Die kors sal verkrummel as jy dit opskep, maar dit maak nie saak nie. Die impak is in die pragtige voorkoms as jy dit voorsit.

 
 
 

Komentar


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page