top of page

Bief-korma

  • Errieda du Toit
  • May 22, 2015
  • 1 min read

bief korma.jpg

Hierdie is ’n klassieke Noord-Indiese kerrie. Die kuns lê daarin om die speserygeure subtiel te hou, eerder as om die rissiebrand te laat oorheers, meen Francois. Die jogurt gee ’n romerigheid aan die gereg. Let wel dat hierdie aanwysings die amptelike weergawe is. As impulsiewe kok laat glip ek soms die hand en gooi hier en daar meer van dit of dat by. Hierdie korma is geduldig genoeg om jou impulse te hanteer. Jy moet net oppas vir kardamom. Die prominente smaak kan spesery-bleeksiele onthuts.

Genoeg vir 4porsies

Jy benodig:

. 800g stowebeesvleis in blokkies gesny

. 150ml natuurlike jogurt

. 15ml gemaalde komyn

. 2,5ml borrie

. 5ml papawersaad

. 5ml rissiepoeier

. 2,5ml gemaalde naeltjies

. 2,5 ml kardamom

. 15ml gerasperde gemmer

. 3 knoffelhuisies fyngekap

. sout en peper

. 500g uie in ringe gesny

. 60ml olie

So maak mens:

1. Plaas die beesvleis saam met al die bestanddele behalwe die uie en die olie in ’n bak.

2. Meng goed deur en plaas vir minstens 3 uur in die yskas.

3. Verhit die olie in ’n pot en braai die uie tot sag, roer die vleismengsel by en verhit tot kookpunt.

4. Plaas ’n deksel op en prut vir 2uur totdat die vleis murgsag is.

5. Bedien met basmati-rys en sambals.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page