top of page

Blomkoolkoek

  • Errieda du Toit
  • May 21, 2015
  • 2 min read

Blomkoolkoek.jpg

Dit is ’n heerlike alternatief tot quiches en soutterte. Sit dit voor as ’n ligte ete met ’n eenvoudige komkommer-en-kruieslaai.

Bedien 4 tot 6

Jy het nodig:

1 mediumgroot blomkool, 650-700g

1 groot rooi ui, geskil

100g olyfolie

½ t fyngekapte roosmaryn

10 mediumgroot eiers

20g basielkruid, gekap (of 30ml pesto)

180g meel

2½ t bakpoeier

½ t fyngemaalde borrie

220g parmesaankaas, gerasper, of enige ander beleë kaas

sout en swartpeper

gesmelte botter om mee te smeer

30ml sesamsaadjies

15ml swart uiesaadjies (nigella-saad) of swart sesamsaad

Metode

1. Voorverhit die oond tot 180°C. Berei jou pan voor: Gebruik bakpapier om ’n ronde, losboom-koekpan van 24cm mee uit te voer. Bestryk die kante met gesmelte botter, plaas die gemengde sesam- en uiesaadjies in die pan en kantel sodat die saadjies aan die kante vassit.

2. Breek die blomkool op in mediumgroot blommetjies. Plaas in ’n kastrol met ’n teelepel sout, bedek met water en kook stadig vir 15minute tot redelik sag, maar nie pap nie. Dreineer en laat vir ’n paar minute in die vergiettes staan tot goed droog.

3. Berei die beslag voor terwyl die blomkool kook. Sny ’n paar ringe van 0,5cm aan die een kant van die ui en hou eenkant (dit gaan op die bokant van die koek kom). Kap die res van die ui grof op.

4. Verhit die olie in ’n pan en braai die gekapte ui en roosmaryn oor lae hitte vir 8 minute. Verwyder van die stoof en laat afkoel. Voeg die eiers en basielkruid by en klits met ’n ballon­klitser.

5. Sif die meel, bakpoeier en borrie saam in ’n mengbak. Voeg die parmesaankaas, 1½ teelepel sout en baie varsgemaalde swartpeper by. Voeg die eiermengsel by en klits met ’n ballon-klitser om van al die klonte ontslae te raak. Voeg die blomkool by en meng versigtig sodat dit nie uitmekaar breek nie.

6. Voeg die blomkoolmengsel in die pan en rangskik die uieringe bo-op.

7. Bak die koek in die middel van die oond vir 45 minute totdat dit goudbruin en gestol is.

8. Sit warm of teen kamertemperatuur voor.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page