Blomkoolsop met kerrie, patats en vinkel
- Leandri en Seline van der Wat
- May 22, 2015
- 1 min read

Jy het nodig:
1 ui, gekap
1 t gekapte knoffel
1 e olyfolie
1 e kerriepoeier
2 kardemompeule, fyngemaak
1 koolkop, opgekap
1 bol vinkel, in dun skyfies gesny
1 patat, gerasper
700ml groenteaftreksel
1 blikkie klappermelk
Só maak mens:
1. Braai die uie en knoffel tot sag. Voeg die kerriepoeier, die kardemom en blomkoolblomme by. Braai vyf minute lank.
2. Voeg die vinkel en patat by en soteer vir nog 10 minute.
3. Voeg die groenteaftreksel by, bedek en kook vir 30 minute.
4. Voeg die klappermelk by en laat prut vir nog 10 minute.
5. Voeg sout en peper na smaak by en bedien warm.
Commentaires