top of page

Boontjiesop met hope spek

  • Liezel de Lange
  • May 22, 2015
  • 1 min read

Boontjiesop met hope spek.jpg

Ma Lynette se boontjiesop is al dekades lank trooskos vir ysige winterdae. Vir dié een moet jy die drukkoker nader trek en genoeg tyd laat, want die boontjies moet eers oornag in water geweek word. Dit bedien 6-8 mense en smaak onverbeterlik saam met vars bruinbrood. Die sop is amper nog lekkerder as dit gevries was.

Jy benodig:

500g beesskenkels (shin) aan die been

500g (2 pakkies) spekstukkies

500g boontjies (oornag in water geweek)

3 groot uie, fyngekap

100g vars pietersielie, gekap

Sout en peper na smaak

Só maak ’n mens:

1. Plaas 2 liter water, die vleis, spek en boontjies asook ’n bietjie sout en peper in die drukkoker. Kook vir minstens ’n uur.

2. Voeg nou die pietersielie en uie by en kook vir nog ’n uur.

3. Ek onthou nog hoe my ma dan die vloeistof deur ’n sif gegooi en die boontjies met ’n houtlepel deurgedruk het om dit heeltemal fyn te maak (dis nou in die dae voor blitsers). Sy gee egter die versekering dit is nie nodig nie, mits jy geduldig genoeg met die drukkoker was.

4. Verwyder die bene uit die sop voordat jy dit voorsit. Voeg sout en peper na smaak by (maar moet veral nie suinig wees met die peper nie).

Foto:Nelius Rademan

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page