top of page

Bunnychow met botterhoender

  • Karla Janse Van Vuuren
  • May 22, 2015
  • 2 min read

botterhoender bunny chow.jpg

Dié gereg is trots Suid-Afrikaans en jy kan dit selfs ses uur voor jou gaste opdaag al berei– hou net die gaar hoender en die botter eenkant en voeg dit by net voordat jy dit wil bedien. Jy kan die sous warm maak terwyl die broodjies in die oond lekker bros word. Die resep is genoeg vir agt mense.

Jy het nodig

.12 ontbeende hoenderborsies, vel verwyder

.3 knoffelhuisies, geskil en fyn gedruk

.45ml vars gemmer, fyn gerasper

.die sap van 1 groot suurlemoen

.7,5ml rissiepoeier

Vir die marinade:

.375ml dik ongegeurde jogurt

.7,5ml garam masala

.5ml komyn

.5ml koljander

.2,5ml borrie

.2,5ml sout

.15ml sonneblomolie

Vir die sous:

.1kg ryp, sappige tamaties, geskil

.45ml tamatiepasta

.5ml fenegrieksade, grof gemaal

.1 kaneelstokkie

.5ml komyn

.5ml garam masala

.2,5ml borrie

.sout en vars gemaalde swart­peper

.375ml room

.75g koue botter

Om voor te sit:

.8 groot broodrolletjies

.gesmelte botter

Só maak jy

1. Sny drie of vier diep kepe in die hoenderborsies en plaas in ’n bak saam met die knoffel, gemmer, suurlemoensap en rissiepoeier. Vryf die mengsel in die vleis in en laat vir 30 min staan.

2. Meng al die bestanddele vir die marinade en giet dit oor die hoender, meng goed, bedek en laat vir 1-2 uur in die yskas marineer (maksimum 3 uur).

3. Verhit die oond tot 200°C. Skep die hoender uit die bak (moenie die marinade afvee nie) en pak in ’n enkellaag in ’n oondvaste bak. Bak vir 7 minute, verlaag die hitte na 170°C en bak vir nog sowat 12 min of tot heeltemal gaar. Hou eenkant.

4. Berei die sous: Verwerk die tamaties tot ’n growwe salsa in ’n voedselverwerker en giet dit in ’n groot, plat pan. Roer die res van die sousbestanddele (behalwe die room en botter) by en laat kook oor matige hitte vir 8 tot 12minute of totdat die sous effens verdik en gereduseer het. Roer die room by, verlaag die hitte en laat prut vir nog 5 minute.

5. Sny die bokante (behou vir dekseltjies) van die rolletjies af en hol dit uit (los ’n 5mm “muur”). Bestryk die rolletjies bo-op en aan die kante met gesmelte botter.

6. Plaas die rolletjies op ’n bakplaat en bak by 190°C vir sowat 5 min of tot goudbruin en bros.

7. Sny die hoender in happie-grootte stukkies en roer dit by die sous. Laat prut oor lae hitte vir ’n paar minute totdat die hoender heeltemal warm is.

8. Sny die koue botter in blokkies en roer een vir een by die sous. Geur met sout, peper en ’n bietjie suurlemoensap, indien verkies.

9. Skep die hoender in die warm rolletjies en sit die dekseltjies op. Sit dadelik voor.

Foto: Michael le Grange

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page