top of page

Crème brûlée

  • Karla Jansen van Vuuren
  • May 22, 2015
  • 2 min read

creme brule.jpg

Die oorspronklike resep is vir ’n fyngemaakte bolaag. ’n Mens kook die karamel, laat dit hard word en maal dit fyn in ’n voedselverwerker voordat jy dit bo-oor strooi. Ek gee instruksies hiervoor, asook vir die meer tradisionele lagie gebrande suiker. Die resep kan maklik verdubbel word as jy vir ’n menigte crème brûlée maak.

Jy het nodig:

6 groot eiergele

55g strooisuiker

2½ koppies room

5ml vanieljegeursel

Vir die bolaag:

1 koppie suiker (gebruik strooisuiker as jy dit met ’n blaaspyp gaan smelt)

Só maak ’n mens:

1. Voorverhit die oond tot 140°C.

2. Meng die eiergele en suiker en klits liggies saam.

3. Plaas die room in kastrol en voeg die vanieljegeursel by.

4. Verhit die room tot kookpunt en gooi dan stadig oor die eiermengsel terwyl jy vinnig klits (anders maak jy roereier).

5. Gooi die mengsel deur ’n sif en vul dan klein bakkies (ramekins) tot amper vol. Die resep lewer genoeg vir ses kleintjies of vier grotes.

6. Plaas die bakkies in ’n groot bak om ’n waterbad (bain marie) te skep. Maak die bak vol warm water (die water moet so halfpad teen die kant van die bakkies opkom). Maak die hele waterbad toe met foelie.

7. Bak 50 min. of totdat die vla gestol het. Dit moet nog ’n effense skommel (wobble) in die middel hê.

8. Haal die bakkies versigtig uit die waterbad en bedek elke bakkie met foelie. Verkoel oornag in die yskas.

9. Maak die karamel net voordat jy die nagereg wil voorsit.

Vir fyngemaakte

karamel:

Plaas een koppie suiker in ’n pan en smelt oor lae hitte totdat dit ’n mooi, ligte karamelkleur het. G ooi dit vinnig uit op ’n silikonmat (of ’n kleefvrye bakplaat) en los dit om hard te word.

Wanneer dit hard is, plaas in jou voedselverwerker en verwerk totdat dit fyn korreltjies is.

Sprinkel dit eweredig oor die crème brûlée net voordat jy dit voorsit.

Vir ’n bros suikerlagie:

Sprinkel ’n lagie strooisuiker ew eredig bo-oor elke crème brûlée.

Gebruik ’n klein kombuis-blaaspyp (beskikbaar by huiswarewinkels) en smelt die suiker. Wees net versigtig dat jy dit nie brand nie.

Laat staan ’n paar minute sodat die lagie kan hard word en sit dan voor.

– My vriendin het dié resep aangepas van een wat sy in Woolworths se Taste-tydskrif raakgelees het.

Foto: Gerrie Janse van Vuuren

 
 
 

Comentarios


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page