top of page

Druiwebrood met kruiebotter en moskonfyt-neute

  • Errieda du Toit
  • May 22, 2015
  • 1 min read

Druiwebrood met kruiebotter en moskonfyt-neute.jpg

Hierdie oesbrood-resep van Johan Breedt en Mynhardt Joubert verskyn in die Kokkedoor-kookboek. Sit warm voor met kruiebotter en neute wat in moskonfyt verstroop is.

Vir die brood:

750 g koekmeel

2,5 ml sout

5ml suiker

10 kitsgis

200 ml louwarm water

1 takkie roosmaryn

4 trosse rooi druiwe

’n klontjie botter

Vir die kruiebotter:

250 g botter by kamertemperatuur

6 stingeluie, fyngekap

5 ml braaispeserye

Vir die soet neute:

150 g okkerneute

100 ml moskonfyt

100 ml water

So maak mens:

Brood: Sif die meel, sout, suiker en gis saam. Giet die louwarm water by en meng goed. Voeg die druiwekorrels by en knie. Die druiwekorrels sal bars en die sap sal nog vog aan die deeg gee.

Bedek die deeg met kleefplastiek en laat op ’n warm plek staan totdat dit dubbel die grootte gerys het. Voorverhit die oond tot 200°C en smeer ’n broodpan of ringkoekpan.

Knie die deeg af en plaas dit in die gesmeerde pan. Laat nog 30 minute staan om te rys. Bak 25 – 30 minute lank tot gaar en goudbruin.

Haal uit en verf die bokant met ’n klontjie botter.

Kruiebotter: Meng die sagte botter, stingeluie en speserye goed saam. Plaas dit in die yskas om ferm te word. Sny in blokkies en rol die botterblokkies om balletjies te vorm.

Soet neute: Meng al die bestanddele saam in ’n kastrol en laat kook totdat die mengsel dik is. Giet op ’n bakplaat en laat afkoel. Breek in stukkies.

Sit die warm brood voor met kruiebotter en soet neute.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page