top of page

Dubbeldoor-macaroni-kaas om ’n familietwis te vermy

  • Errieda du Toit
  • May 22, 2015
  • 1 min read

Dubbeldoor-macaroni-kaas_om_’n_familietwis_te_vermy.jpg

Die kaassous-metode is hier my witbroodjie. Om familietwis te vermy oor wie tamatie bo-op wil hê of nie, word ’n “two-tone”- weergawe gemaak. Aan die een kant pryk snye tamatie wat weelderig in die gesmelte kaas wegsink. Aan die ander kant bak broodblokkies tot ’n goud-bros kors. Wissel dit af met klassieke broodkrummels, pretzels, tortillas, stukkies pita of focaccia, sonneblomsade of geroosterde pampoensade.

Genoeg vir 6

Jy het nodig:

500g macaroni

2e ongesoute botter

2e koekmeel

3k warm volroommelk

1k gerasperde sterk cheddar

1t droë mosterd

2,5ml rooipeper (opsioneel)

Neutmuskaat

Sout en peper na smaak

Tamaties, in snye

Broodblokkies

So maak ’n mens:

Voorverhit die oond tot 180°C.

Kook die macaroni in goed-gesoute kookwater en kook tot net gaar (dit sal verder gaar word in die oond).

Dreineer en skep in ’n vlak, gebotterde kasserolbak.

Maak die kaas-witsous (mornay-sous): Smelt die botter in ’n medium kastrol, roer die meel en mosterdpoeier by.

Sodra die botter-meel lekker gaar is en effe neuterig ruik, voeg die helfte van die warm melk by en roer tot glad en klontvry.

Klits nou die orige melk by en hou aan roer totdat die sous verdik.

Haal van die plaat af, gooi die helfte van die kaas by, proe en geur met sout, peper, mosterdpoeier, neutmuskaat en indien verkies ook rooipeper.

Smeer ’n bak met botter, skep macaronimengsel in, gooi kaassous oor en strooi res van die kaas oor.

Rangskik tamatie bo-oor een helfte en broodblokkies oor die ander helfte.

Geur met sout en peper, en bak 20 minute.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page