Garnale, klapperrys en papaja-salsa
- Karla Janse van Vuuren
- May 22, 2015
- 2 min read

Dit neem sowat 30 minute om dié gereg te berei en dit sal genoeg vir ses gaste wees.
Bestanddele
.3k basmati-rys
.4½k water
.1k klappermelk
.24 groot vars garnale, oopgesny en skoongemaak (hou die kop en stert aan)
.2k gesmelte botter
.4 knoffelhuisies, gerooster en met die botter gemeng
Vir die papaja-salsa:
.1k papaja, in blokkies gekap
.1t vars koljanderblare, gekap
.1t pikantrissies, gekap
.1e rooi uie, gekap
.2e suurlemoensap
.1e witasyn
.2t heuning of 1t bruinsuiker
.1e groensoetrissie, gekap
Vir die salsa:
1. Meng al die bestanddele saam en pas die smaak aan deur nog heuning of bruinsuiker by te voeg.
Hou eenkant in die yskas tot benodig.
Vir die garnale en rys:
1. Spoel die rys af totdat die water skoon afloop. Sit die rys in ’n groot mengbak en bedek met
water. Laat dit 15 minute staan.
2. Dreineer die rys en plaas dit in ’n groot kastrol met die 4½k water en kook sewe minute.
3. Voeg nou die klappermelk by en kook vir nog vyf minute. Verwyder die kastrol van die hitte, bedek en laat dit staan sodat die stoom die kookproses kan voltooi.
4. Terwyl die rys stoom, plaas die garnale op ’n warm rooster en maak gaar (jy kan dit in die oond, op die stoof of oor die kole gaarmaak). Gebruik die knoffelbotter om voortdurend die garnale te bestryk terwyl hulle gaar word. Die garnale is gaar wanneer die doppe pienk is en die vleis wit van kleur.
Sit dadelik voor saam met die rys, papaja-salsa en slaai of groente van jou keuse.
– Resep verskaf deur die sjef Lorenzo Rurane van Marlin Lodge. Besoek die webblad www.marlinlodge.co.za vir nog inligting oor die lodge.
Foto: Gerrie Janse van Vuuren
Commentaires