Gebakte patatbeursies
- Op Callie en Mari-Louis se Sondagtafel
- May 22, 2015
- 1 min read

Gebakte patatbeursies
Jy het nodig:
6 groot patats
30ml (2e) gekapte, vars salieblare
30ml (2e) bruinsuiker
125ml (½koppie) vars of klapperroom
65ml (¼koppie) saggemaakte botter of
olyfolie
Sout en peper
Bruinsuiker vir oorsprinkel
Só maak ’n mens:
1. Voorverhit die oond tot 180°C.
Skrop die patats en bak hulle in die oond tot sag, ongeveer 45 minute.
2. Haal uit die oond en maak ’n snit in die lengte in elk van die patats. Wees versigtig om nie te diep te sny nie, want dit moet ’n beursie vorm.
3. Skep die vlees uit en druk dit fyn saam met die salie, suiker, room en botter.
Geur met sout en peper na smaak.
Skep die gegeurde, fyngemaakte mengsel terug in die patatbeursies.
4. Sprinkel bruinsuiker oor en bak nog 10minute.
Bedruip met suurlemoensous net voordat jy dit bedien.
Suurlemoenbedruipsous:
1 houertjie (250ml) ongegeurde jogurt
Gerasperde skil en sap van 2
suurlemoene
’n Handvol vars koljanderblare, gekap
2e (30ml) gepekelde soesji-gemmer
2 knoffelhuisies
Blits al die bestanddele saam om die bedruipsous te maak.
Comments