top of page

Geelwortel-kheer

  • Errieda du Toit
  • May 22, 2015
  • 2 min read

geelwortel kheer.jpg

’n Mens kan nie ’n kerrie van formaat voorsit en dan afskeep as dit by die soet slot kom nie. Een van my nuutste ontdekkings is geelwortel-kheer, ’n resep uit Fresh ­Flavours of India deur Das Sreedharan. In die boek het die poeding nie ’n prentjie by nie; ook maar goed, want ek sou dit seker nie gemaak het as daar ’n foto was nie. Voorkoms is nié die poeding se no. 1-deug nie. Lekker is dit wel. En soet. Sit dit egter mooi voor en die lelike eendjie sprei haar vlerke.

Genoeg vir 4 porsies

Jy benodig

. 75ml botter

. 125ml rou kasjoeneute

. 90ml goue sultanas of rosyne

. 4 geelwortels, geskil en grof gerasper

. 1 liter melk

. 180ml suiker

. 5ml kardamom (Ek maak die peule fyn in ’n koffiemeule en sif dit.)

So maak mens

1. Smelt 30ml botter in ’n pan en braai die neute en sultanas totdat die neute net begin verbruin (pas op, sultanas brand maklik).

2. Verwyder van die hitte en klad die neute en sultanas op kombuispapier.

3. Verhit 45ml botter in ’n swaarboomkastrol oor medium-hitte.

4. Voeg die gerasperde geelwortel by en soteer sowat 5 minute.

5. Voeg melk en suiker by, roer goed en bring tot kookpunt.

6. Verlaag die hitte en prut vir 10 minute of tot die wortel gaar is.

7. Voeg die kardamon, gebraaide kasjoeneute en sultanas by en laat liggies kook totdat die volume met die helfte verminder het. Roer gereeld.

8. Bedien warm in klein bakkies. Dis soet, so skep min.

* Wenk: Maak ’n bietjie ­ekstra van die gebraaide kasjoe-en-sultanamengsel vir versiering bo-oor.

Foto: Errieda du Toit

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page