top of page

Geroosterde pampoensop

  • Karla Janse van Vuuren
  • May 22, 2015
  • 2 min read

Geroosterde pampoensop.jpg

Deur die pampoen eers te rooster, kry dié sop ’n nuwe geurdimensie. Die spek gee dit ekstra diepte en sorg dat selfs dié wat nie opgewonde raak oor pampoen nie miskien agter die spek aan sal eet. Ek het ’n soortgelyke resep in die MasterChef Australia -beoordelaar Matt Preston se boek 100 Best Recipes gesien en dit na my eie smaak aangepas.

Jy benodig:

1kg pampoen, in skywe gesny, met die skil aan

6-8 knoffelhuisies, skil aan

gedroogde of vars salie

olyfolie

sout en peper

4 repies swoerdlose spek, fyngekap

4 baba-preie, in dun ringetjies gesny

2,5ml koljander

2,5ml komyn

1 oranje patat, in stukkies gesny

2k hoenderaftreksel

60ml room

Opsioneel: Ekstra bros spekstukkies, vir garnering

Só maak ’n mens:

1. Plaas die pampoen in ’n roosterbak met die knoffelhuisies hier en daar tussen die skywe. Sprinkel die olyfolie, salie, sout en peper na smaak oor die pampoen en plaas in ’n warm oond by 180°C. Rooster dit vir sowat 35 minute, of tot die pampoen sag is en die punte begin karamelliseer. Haal dit uit die oond uit en laat dit eenkant afkoel.

2. Verhit ’n bietjie olyfolie in ’n middelgroot kastrol en braai die spek tot gaar. Voeg die preie by en braai tot dit begin sag word. Voeg die speserye by en roerbraai vir ’n minuut of twee tot geurig. Voeg die patatstukkies by en roer om met die speserye te bedek. Verwyder van die hitte af.

3. Skep die gaar pampoen uit die skil en voeg dit by die bestanddele in die kastrol. Druk die gaar knoffel uit die knoffelhuisies en voeg dit ook by.

4. Plaas die kastrol terug op lae hitte en roer die aftreksel by. Prut vir so 10 minute tot die patat gaar is en die pampoen begin sag kook. Verwyder van die hitte en laat afkoel voor jy dit in ’n voedselverwerker of met ’n handblitser verwerk tot glad.

5. Plaas terug op die hitte, verhit tot deurwarm en roer die room by. Sit voor met spek op elke bakkie.

Foto: Nelius Rademan

 
 
 

Kommentare


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page