Glühwein
- Karla Janse van Vuuren
- May 22, 2015
- 1 min read

Verjaag winter se byt met glühwein
Vir afwisseling bevat die resep ’n steranys en is besluit om nié sjerrie by te voeg nie, want dit het lekker gesmaak net so.
Jy het nodig:
¾k water,
¾k wit suiker,
1 kaneelstokkie,
1 lemoen,
10 heel naeltjies,
1bottel (750ml) rooiwyn,
sjerrie of port-brandewyn (na smaak).
Só maak ’n mens:
1. Verhit die water, suiker en kaneelstokkie in ’n kastrol tot net onder kookpunt. Verlaag die hitte (die mengsel moet liggies prut, nie kook nie).
2. Sny die lemoen middeldeur, druk die sap in die kastrol en druk die naeltjies aan die buitekant van die lemoen in. Sit die lemoenhelftes ook in die kastrol.
3. Prut so vir 30 minute totdat dit begin stroperig en dik word.
4. Gooi die bottel wyn by en verhit stadig tot stomend, maar nie kokend nie. Verwyder die lemoenhelftes en gooi die sjerrie, port of brandewyn by.
5. Proe aan die wyn; dit sal dalk nodig wees om nog suiker by te voeg.
6. Bedien die wyn baie warm in glase wat met warm water warm gemaak is (koue glas sal bars). Gemmerkoekies en biscotti is heerlik saam met glühwein.
Foto: Thinkstock
Yorumlar