top of page

Glühwein-kolwyntjies

  • Simone Balman
  • May 21, 2015
  • 2 min read

Glühwein-kolwyntjies.jpg

Jy het nodig:

2 k meel

1 t sout

1 t bakpoeier

2 t koeksoda

3/4 koppie (60 g) onversoete kakaopoeier

1 k suiker

1 k bruinsuiker

1 t fyn kaneel

½ t fyn naeltjies

½ t fyn neutmuskaat

1 k olie

1½ k rooiwyn

½ k lemoensap, vars uitgedruk

Skil van 1 lemoen, fyngerasper

2 groot eiers

1 t vanieljegeursel

Vir die versiersel:

1 k volvet-roomkaas

½ k gesifte versiersuiker

1 t fyn kaneel

Versuikerde druiwe:

Druiwe

Eierwitte

Versiersuiker

Versierings:

24 versuikerde druiwe of bosbessies

Koekglinsterstof (glitter)

Pypkaneel (opsioneel)

Só maak ’n mens:

1. Voorverhit die oond tot 180 °C en voer 24 holtes van kolwyntjiepanne met papiervorms uit.

2. Sif al die droë bestanddele saam. Voeg die olie, rooiwyn, lemoensap en -skil by en meng twee minute op medium-spoed. Skraap die onderkant van die mengbak met ’n slaplemmes om seker te maak dat al die bestanddele goed gemeng is. Voeg die eiers en vanieljegeursel by en klits nog twee minute.

3. Skep lepels beslag versigtig in elke papiervorm totdat dit sowat twee derdes vol is. Moenie dit te vol maak nie omdat dié beslag nogal baie rys. Bak vir 17-20 minute of totdat ’n toetspen skoon uitkom. Laat sowat vyf minute afkoel voordat jy dit op ’n rak uitkeer.

4. Om die versiersel te maak, verroom die roomkaas goed met ’n elektriese menger. Voeg die helfte van die versiersuiker geleidelik by totdat dit baie goed gemeng is. Voeg die kaneel en die res van die versiersuiker by totdat die versiersel dik genoeg lyk om te smeer of te spuit. Versier die kolwyntjies.

5. Om die versuikerde druiwe te maak, doop elke druiwekorrel in eierwit en rol dit in die versiersuiker totdat dit goed bedek is. Hou dit eenkant om droog te word.

6. Strooi ’n bietjie koekglinsterstof oor elke kolwyntjie en druk ’n versuikerde druif in die versiersel. Steek ook ’n klein stukkie pypkaneel in vir verdere versiering.

** Alternatiewe: As jy nie fyn naeltjies en neutmuskaat het nie, vervang dit deur 1 t fyn wonderpeper (all spice).

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page