top of page

Gourmet-sjokoladetert

  • Australian Woman's Weekly
  • May 22, 2015
  • 2 min read

gourmet tjok tert.jpg

Genoeg vir 8

Bestanddele

1½ koppie (225g) gewone meel

½ koppie (110g) strooisuiker

140g koue botter, gekap

1 eier, liggies geklop

Vulsel

2 eiers

2 eiergele

¼ koppie (55g) strooisuiker

250g donker sjokolade, gesmelt

200g botter, gesmelt

Só maak ’n mens

1. Meng die meel, suiker en botter tot krummelrig. Voeg die eier by en verwerk tot al die bestanddele goed gemeng is. Knie die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak tot dit glad is. Bedek met kleefplastiek en plaas vir 30 minute in die yskas.

2. Smeer ’n ronde, 24cm-losbasis-randtertpan. Rol die deeg tussen twee velle bakpapier uit totdat dit groot genoeg is om die pan uit te voer. Lig die deeg tot op die pan, druk dit teen die kante van die pan vas, sny die deeg wat oor die kante uitsteek af en prik die hele basis met ’n vurk.

Bedek en plaas vir 30 minute in die yskas.

3. Voorverhit die oond tot 200°C. Plaas die pan op ’n oondplaat. Voer die pan met bakpapier uit en vul dit met droë bone of rys. Bak vir 10 minute. Verwyder die papier en bone uit die pan. Bak vir sowat vyf minute of totdat die tertdop liggies verbruin. Laat afkoel tot kamertemperatuur.

4. Verlaag die oondtemperatuur tot 180°C.

5. Maak die vulsel deur die eiers, eiergele en suiker in ’n mediumgrootte- hittebestande bak te klits bo ’n middelslag-pot met kokende water vir sowat 15 minute of totdat dit lig en donsagtig is. Klits die sjokolade en botter liggies by die eiermengsel. Giet die vulsel in die dop.

6. Bak die tert vir sowat 10 minute of totdat die vulsel gestol het. Laat vir 10 minute afkoel. Plaas vir ’n uur in die yskas. Jy kan kakaopoeier oor die tert sif voor jy dit bedien.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page