Griekse ryspoeding
- Smulpaap
- May 22, 2015
- 1 min read

Jy het nodig:
2 liter melk
1k suiker
1 klein repie suurlemoenskil
1 kaneelstokkie
1k mediumkorrel-rys
5ml vanieljegeursel
2 eiers
fyn kaneel, na smaak
Só maak ’n mens:
1. Verhit die melk, suiker en suurlemoenskil tot kookpunt in ’n middelslagkastrol. Roer totdat die suiker oplos.
2. Voeg die rys en kaneelstokkie by en prut oor lae hitte sowat 30-40 minute (roer gereeld om te keer dat dit vassit) tot die mensel dik en romerig is en die rys gaar is.
3. Verwyder van die hitte en skep die kaneelstokkie en suurlemoenskil uit.
4. Klits die eiers en voeg dit saam met die vanieljegeursel by die rysmengsel. Roer goed tot die mengsel nog verdik.
5. Skep die poeding in opdienbakkies en laat afkoel. Sprinkel ’n bietjie fyn kaneel bo-oor en sit voor.
– Resep en foto verskaf deur Plaka
Commentaires